Bespreek jou stalletjie nou vir die Hartenbos Craftbier en Wynfees

Hartenbos Craftbier & Wynfees 2016

Hartenbos Craftbier & Wynfees 2016

Eerskomende November bied die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika in Mosselbaai hul eerste Craftbier en Wynfees aan op die ATKV Amfiteater in Hartenbos.

Die fees beloof om ‘n dag vol pret te wees vir die hele gesin met aktiwiteite vir elke smaak. Die fees aktiwiteite en stalletjies open amptelik 08h00 op 26 November 2016. Stalletjies is beskikbaar teen R250 vir ‘n 3 x 3meter grootte stalletjies.

Kontak gerus vir Kallie Labuschagne op 079 221 0158, carl.lappies51@gmail.com of vir Pieter op 079 665 2908, pmerasmus@gmail.com om u stalletjie te bespreek of vir meer inligting