Braaidag Makiti in Mosselbaai

Die Goods Shed in Mosselbaai bied op 24 September 2018, Erfenisdag/ Nasionale Braaidag ‘n pret Braaidag Makiti aan! Dit is ‘n opwindende en pret dag wat vermaak vir die hele gesin inhou.

Die dag gaan gepaard met talle speletjies, verskeie stalletjies om van te kies-en-keur, ‘n skattejag, ‘line dancers’, lekker musiek, ‘n springkasteel, gesigverf en ‘n jungle gym vir die jongspan. Boereworsrolle en hamburgers sal te koop aangebied word.

Besoek Die Goods Shed op Maandag 24 September 2018 vanaf 09h00 tot 18h00 vir ‘n pret Erfenisdag/ Braaidag soos net die Suid Afrikaners kan. Die Goods Shed het onlangs ‘n opgradering gekry wat hul badkamers en vloere aanbetref. Kom loer hoe mooi dit nou lyk en geniet dit dag saam!

Indien jy ‘n stalletjie wil bekom tydens die dag, kontak gerus vir Melanie op 072 837 8803 of die kantoor op 044 695 2331. Koste per stalletjie beloop R 100 vir die dag.

Braaidag Makiti in Mosselbaai