
Die Suid-Kaap se brose rose met staal in hul pype. Dit sit nie in elkeen se broek om die langpad van meer as 2 200 kilometer op 'n ysterperd aan te durf nie, maar hierdie vyf borskanker-oorwinnaars het dit gedoen. Na vier dae in die saal en meer as 1 000 km agter die blad, kon hulle nog glimlag. Hier is hulle by hul gastehuis in Augrabies voordat hulle na Upington toe vertrek het. Van links is Amy Jansen, Magda Geldenhuys (albei van Mosselbaai), Adri van Niewenhuysen (George), Frieda Henning (George) en Elsje de Swart, almal


