KIA Motors Borg van Kwela ‘Dorp van die Jaar’ Fees te Mosselbaai

KIA Motors Borg van Kwela ‘Dorp van die Jaar’ Fees te Mosselbaai

KIA Motors George is op 7 Oktober in Mosselbaai

Dit is met groot opgewondenheid dat KIA Motors George aankondig dat hul die vervaardigers van die KykNet se ‘Dorp van die jaar’ fees borg met twee KIA Grand Sedonas tydens die groot makietie in Mosselbaai. Die fees vind plaas op Saterdag 7 Oktober op die kampeerterrein en bied vermaak vir die hele gesin. Aktiwiteite sluit in optredes van verskeie van ons land se top kunstenaars onderandere Pieter Koen, Willem Botha en Emo Adams, asook verskeie stalletjies en aktiwiteite.

KIA borg die vervoer van sommige van die kunstenaars tydens die fees. Daar sal ook ‘n uitstalling van KIA se voertuie wees. Kom gesels gerus met een van hul verteenwoordigers.

KIA spog vir die tweede agtereenvolgende jaar met die eerste plek in die J.D. Power’s 2017 toekenning. Dis beslis ‘n voertuie om op te reken!