Mosselbaai se Waterkwessies Aangespreek

Vice Chairman of the Mossel Bay Business Chamber, Ray Murray (middle) with manager of the George Chamber, Colleen Till (second from right) and speakers at the recent Chamber meeting at the Riviera Hotel in Hartenbos. On the left is Pieter Viviers, Director Civil Services Mossel Bay Municipality, Jeff Collins (second from left), Productivity SA and Francois de Wet, CEO Mosstrich
Die dorp is onlangs as droogtehulpgebied verklaar en Provinsie het reeds etlike miljoene rande ter verligting bewillig. Mosselbaai kry sy water hoofsaaklik uit die Wolwedansdam, wat vroeg in die negentigerjare met onder andere fondse van die ou Mossgas, nou PetroSA gebou is. Die nywerheidsreus gebruik daagliks omtrent net soveel water as die hele dorp. Die plan is dus om so spoedig moontlik, indien dit blyk dat gesuiwerde rioolwater by die verkoelingstorings van die aanleg gebruik kan word, te begin met ‘n R30 miljoen-projek om hierdie suiwering te doen. Sodoende kan die munisipaliteit bykans sewe megaliters water per dag spaar. Dit verteenwoordig ongeveer 25% van die dorp se daaglikse watergebruik. Die koste per kiloliter is minder as R2 teenoor die beraamde koste van R14,44 vir die ontsouting van seewater. Laasgenoemde opsie is wel een waarna die munisipaliteit op die langtermyn kyk.
Nog ‘n mediumtermyn plan is om die uitheemse wattels wat in die Moordkuilrivier groei, uit te roei aangesien hulle baie water suip. “So kan ons ook nog bykans sewe megaliters water per dag bespaar” het hy bygevoeg. Die Raad kyk ook weer met ander oe na nege eksplorasie boorgate wat ‘n paar jaar gelede gesink is.
Vir die korttermyn is streng waterbeperkingsmaatreels ingestel en oortreders staar boetes van R1 000 in die gesig indien hulle die maatreels verontagsaam en uitgevang word. Volgens Viviers is daar reeds etlike jare maatreels in plek wat inskop as die water in die Wolwedansdam onder ‘n sekere vlak daal. So is daar sedert Julie 2009 met ‘n bewusmakingsveldtog begin en daarna is maatreels ingestel. Die vlak het verder gedaal en strenger maatreels moes ingestel word. ‘n Kompliment van ses ekstra wetstoepassers is aangestel om toe te sien dat die publiek nie oortree nie.
HOE RAAK DIT DIE EKONOMIE
Viviers het beklemtoon dat die maatreels grootliks op huishoudings van toepassing is. Die Raad is tans in gesprek met nywerheidsverbruikers om ook hul samewerking tot die maksimum te verkry.
Op ‘n vraag het hy gese dat die Raad graag wil sien dat formele en informele handelsaktiwiteite onverstoord voortgaan. ‘n Formele motorwassery moet water gebruik om sy diens te kan lewer en die Raad is nie van plan om sy water af te sny nie. “Ons wil belis nie bekendstaan as ‘n dorp wat die ekonomie kniehalter nie” het hy gese.
Hy het ook klem daarop gele dat daar GEEN verbod op nuwe dorpsuitbreidings is nie. Gerugte doen die rondte dat die Raad nie nuwe ontwikkelings goedkeur nie as gevolg van die watersituasie, maar volgens hom steek daar geen waarheid in nie.
“En se asseblief vir die publiek en die lesers dat die woonwaparke almal vir die seisoen oop is. Kwaadwillige gerugte dat die parke toe is en dat die vakansiegangers nie moet kom nie, is bog” het hy bygevoeg en ‘n uitnodiging aan alle vakansiegangers gerig “om te kom kuier, maar om tog saam met die inwoners spaarsamig met ons waterbronne om te gaan”.
Viviers het die vloer saam met dr Francois de Wet, uitvoerende hoofbeampte van Mosstrich, wat onlangs die prys vir die land se Beste Uitvoerder losgeslaan het en mnr Jeff Collins, van Produktiwiteit SA se Kaapstadse kantoor, gedeel.





















[...] Mosselbaai se Waterkwessies Aangespreek [...]