Deli Winkel in George

Deli Winkel in George

Die winkel, Food and Friends Fresh Deli Food, in George bied ‘n verskeidenheid voedselprodukte wat nie noodwendig by elke supermark en winkel verkrygbaar is nie. Hierdie produkte word gekombineer met algemene daaglikse benodighede wat teen baie goeie pryse beskikbaar is. Produkte van regoor Suid Afrika word uitgesoek en aangekoop om jou net die beste te bied. Sommige van hierdie produkte sluit in: Olywe, Olyfolie, Son Gedroogde Tamatie in Olyfolie, Groente skyfies, Mineraal Water, Knoffel en ander souse in “squeeze” bottels en nog baie meer. Opwindende nuwe produkte word gereeld beskikbaar gestel.

Nuwe Deli Winkel in George

Kaas en Suiwelprodukte teen Bilike Pryse in George

Kaas en suiwelprodukte is beskikbaar teen bilike pryse by dié nuwe deli winkel in George. Botter, room, roomys en ‘n verskeidenheid kaas insluitend Jireh Kaas is beskikbaar. Hulle het ook melk, vla en gegeurde melkies wat ideaal is vir kosblikke.

Nuwe Deli Winkel in George

Hoender en Eiers in George

Koop jou hoender en eiers by Food and Friends Fresh Deli Food in George teen mededingende pryse. Hulle voorraad sluit vars asook bevrore heel hoenders, braaipakke, hoenderlewertjies en meer in. “Free range” hoender en eiers is ook beskikbaar.

Nuwe Deli Winkel in George

Heerlike Deli Wegneemetes in George

Vir daardie dae wat jy nie lus het om te kook nie, of wanneer onverwagte gaste kom kuier, bied Food and Friends Fresh Deli Food, die perfekte oplossing. Heerlike en gesonde “Free Range Rotisserie” Hoender en skyfies! Bestel en gaan haal by die winkel in Knysnaweg, George. Bedien tuis in u eie breekware en geniet! Kaasballetjies en verskeie ander etes sal binne kort beskikbaar wees. Kliente is ook welkom etes op die stoep area by die winkel te geniet.

Nuwe Deli Winkel in George

Nuwe Deli Winkel in George