Paasnaweek Groot Brakrivier Mark
Groot Brakrivier Uitspan Mark
Hierdie Paasnaweek bied Groot Brakrivier oudergewoonte die Groot Brakrivier Uitspan Mark aan! Die mark lok talle besoekers van oor die hele Tuinroete en bied talle kosstalletjies, kuns en handwerk, vars produkte, houtwerk, juwele, boeke en vele meer. Die Groot Brakrivier Uitspan Mark is een van die oudste markte in die area en met sy rustige atmosfeer langs die rivier, sal die mark vir lank nog ‘n gunsteling bly.
Bring jou familie en vriende en kom geniet ‘n heerlike oggend by die Groot Brakrivier Uitspan Mark op Saterdag 31 Maart 2018, vanaf 08h00 tot 14h00.