Rakspasie Te Huur by Tuisnywerheid in Mosselbaai
Maak jy interessante handgemaakte produkte of is jy ‘n entoesiastiese en vlytige bakster? Hier is die ideale platform om jou items te verkoop! Moeksies in die Bayview Sentrum Mosselbaai bied u nou die opsie om rakspasie te huur. Rakke wissel in grootte van 900mm breed tot 370mm breed. Maandelikse huurgeld per rak wissel van R 60 tot R 150. Vloer en muur spasie is ook beskikbaar op aanvraag.