Mosselbaai se Waterkwessies Aangespreek

November 24, 2009
By

WATER – DIT RAAK ONS ALMAL
Herwinde rioolwater is die goedkoopste en maklikste manier vir die dorp om sy kwynende watervoorraad so lank as moontlik te rek. Dit was die hoofboodskap van mnr Pieter Viviers, direkteur siviele dienste Mosselbaai munisipaliteit. Mnr Viviers was een van die sprekers by die uiters geslaagde  byeenkoms van die Mosselbaai Besigheidskamer wat by die Riviera Hotel op Hartenbos gehou is.