Langarm Dans Mosselbaai 30 Mei 2025
Rachus Muller Langarm Dans Mei 2025 Mosselbaai
Goeie nuus vir dansliefhebbers! Blasters Mosselbaai bied hierdie maand nog ‘n lekker langarm dans aan op Vrydag 30 Mei 2025.
Op Vrydag 30 Mei 2025 gaan die dansvloer behoorlik gons wanneer Rachus Muller, die gewilde musikant, gaan sorg vir puik musiek vir die aand. Of jy nou hou van regte langarm of liewer wil sokkie, hierdie is ’n aand wat jy nie wil misloop nie.
Kom geniet die aand. Onthou vir ouers met kinders, ons speelarea sal oop wees.
- Wanneer: Vrydag 30 Mei 2025 | 19h00
- Koste: Slegs R50 per persoon, indien jy aanlyn bespreek op www.blastersmosselbay.co.za
- R80 per persoon indien jy nie aanlyn wil bespreek nie
- Smullekker kos & kontant kroeg beskikbaar
0 Comments