Rooies, hierdie Saterdag in Mosselbaai

Rooies, hierdie Saterdag in Mosselbaai

Saterdag 11 September 2021 is Blasters Mosselbaai die plek om te wees! Die bekende sanger, Rooies, gaan die gehore vermaak tydens sy 2 vertonings by Blasters. Sien uit na ‘n lekker kuier en lag vertoning, met lekker weskus liedjies asook ‘n verskeidenheid van Rooies se welbekende treffers. Hy laat sy gehore skatter van die lag met ‘n grap of twee gedurende die vertoning.

Bring die hele familie saam! Kinders speel gratis by Blasters se veilige speelarea terwyl hul ouers lekker saam kuier en die vertoning geniet.

  • Beperkte kaartjies is beskikbaar.
  • Kaartjies beloop R 225 per persoon.
  • Weens Covid-regulasies gaan ons slegs 50 mense per vertoning toelaat, met 2 vertonings die dag.
  • Eerste Vertoning: 13h00 – 15h00
  • Tweede Vertoning: 17h00 – 19h00
  • Kontantkroeg & A la Carte Spyskaart beskikbaar.

Rooies, hierdie Saterdag in Mosselbaai

The post Rooies, hierdie Saterdag in Mosselbaai first appeared on Lalakoi Directory.