Rooies Vertoning by Blasters Mosselbaai

Blasters Mosselbaai bied met groot opwinding hul eerste van vele vertonings aan op 11 September 2021! Wel-bekende Suid-Afrikaanse sanger, Rooies gaan die sorg vir ‘n onvergeetlike vertoning by Blasters Mosselbaai. Rooies gaan die gehoor vermaak met lekker weskus liedjies, ‘n paar van sy treffers asook skatterlag grappe deur die loop van die vertoning. Hierdie beloof om ‘n vertoning te wees wat u nie wil mis nie! Kaartjies beloop R 225 per persoon. Weens Covid-regulasies gaan Blasters slegs 50 mense per vertoning toelaat, met 2 vertonings die dag. Eerste Vertoning: 13h00 – 15h00 Tweede Vertoning: 17h00 – 19h00 Kontantkroeg & A la Carte Spyskaart beskikbaar. Veilige Speelplek vir kinders. Kaartjies is beskikbaar by Blasters Mosselbaai. Rooies Vertoning by Blasters Mosselbaai The post Rooies Vertoning by Blasters Mosselbaai first appeared on Lalakoi Directory.